Wednesday, June 24, 2009

UitSig

Vlaktes,heuwels uitgespreide Velde
Een Windpop wat waai teen die wind
Telefoondrade verbind my aan jou
Iewers in die verte, n wolk kolom

Ver, ver uitgesprei sien ek die Kalahari veld
Binne in my verlang ek die kind
Na die ou binne in jou
Iewers in die verte, hoor ek kinders wat aan kom

Stof,sand en katte hare te veel vir nou
Hoofpyn,moeghied oorweldig my
Dis iets tussen my en jou
skielik is die stilte om

Troke,motors durf die pad aan
Onder breukings verander my uitsig
Ek beleef dit als sonder jou

iewers in die verte gaan die Lewe aan...


- 4 Maart 2005-
Postmansburg
die eerste keer wat ek Letterlik sit en skryf wat ek voor my sit

No comments: